Hamburg-lughawe steeds gesluit
Die lughawe in Hamburg is steeds gesluit terwyl die polisie ‘n gyselaarsituasie hanteer, wat die Duitse owerhede sê waarskynlik met ‘n kindertoesiggeskil te doen het. Die lughawe is gesluit toe groot getalle polisielede aangekom het nadat ‘n man deur ‘n versperring op die terrein gery het. Die polisie sê die motor met die 35-jarige man en ‘n vier-jarige kind in is onder ‘n vliegtuig parkeer. Beamptes wou nie vroeëre verklarings bevestig dat die man gewapen is en skote gevuur het nie. ‘n Woordvoerder van die lughawe sê 27 vlugte is geraak.
Leave a Reply