Ramokgopa sê goeie vordering met Geïntegreerde Bronneplan
Die buurland se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, het aansienlike vordering bevestig met die 2023 Geïntegreerde Bronneplan. Hy sê die plan is ontwerp om Suid-Afrika se energiebehoeftes volledig te hanteer. Dit speel ‘n deurslaggewende rol in die bepaling van die land se afhanklikheid van verskillende energiebronne, wat steenkool, gas, hernubare- en kernenergie insluit. Ramokgopa sê die plan is toegespits op die balansering van die energievraag en -aanbod terwyl dit klem plaas op die belangrikheid van energie-transformasie.
Leave a Reply