Misdaad ruk nou hand uit in Namibië
Die land gaan gebuk onder ‘n vlaag van misdaad, veral geweldsmisdade soos roof, geslagsgebaseerde geweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, en ernstige aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van ekonomiese druk word vele landsburgers slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is ‘n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat ‘n toename van 7 persent was in vergelyking met die vorige jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie gepraat, wat wenke met die publiek deel oor hoe om nie ‘n slagoffer te word nie.
Leave a Reply