Eddie Jones kan dalk Japan afrig
Rugby: Japannese media berig Eddie is die vroeë gunsteling om as die nuwe hoofafrigter van die nasionale span aangestel te word, kort nadat hy uit sy pos in Australië bedank het na ʼn rampspoedige Wêreldbeker-veldtog. Volgens Jones stel hy beslis belang. Die Suid-Afrikaner, Frans Ludeke, is blykbaar ook ʼn aanspraakmaker nadat hy Kubota Spears verlede seisoen tot die plaaslike klubtitel gevoer het. Die voormalige All Blacks-flank, Jamie Joseph, wat die Brawe Bloeisels tot met die Wêreldbekertoernooi afgerig het, keer terug na die Nieu-Seelandse Superrugby-span, die Highlanders, as hoof van rugby.
Leave a Reply