Koperdiefstal neem toe, kragverspreiders se frustrasie groei
Die kragvoorsieners in Namibië word gekonfronteer met die reuse uitdaging van koperdraad-diefstal, wat aan die toeneem is. Charlie Matengu, openbare betrekkinge beampte by Cenored, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die steel van koper is aan die toeneem, wat bedrywighede benadeel en ook huishoudings raak. Matengu pleit by die publiek om, indien hulle weet van iemand wat besig is om koperdraad te steel of te verkoop, dit by die polisie of Cenored aan te meld.
Leave a Reply