Sensus-werkers kry gou uitstaande geld
Die uitstaande betalings van sensus-veldpersoneel en vervoerdiens-verskaffers in die eerste streek sal vanaf Maandag geskied. Die statistikus-generaal by die Namibië Statistieke Agentskap, Alex Shimuafeni, sê hulle beoog ook om die werkers se salarisse vandag al te betaal. Die opleidingstoelaag, veldpersoneeltoelaag en vervoertoelaag aan veldpersoneel is reeds uitbetaal. Die betalingsproses van uitstaande salarisse van meer as 13 000 sensusveldpersoneel behels eers die verifikasie van terugbesorgde toerusting, sê Shimuafeni. Dieselfde geld die betaling van die meer as 2 700 voertuigeienaars wat vir die sensus gewerk het.
Leave a Reply