Webb Ellis-beker veilig na inbraak by Saru
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie sê alle trofeë, insluitend ʼn replika van die Webb Ellis-beker, is veilig nadat daar Maandagaand by SA Rugby se hoofkantoor in Plattekloof, Kaapstad, ingebreek is. Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, FC van Wyk, sê twee verdagtes het deur ʼn venster op die grondvloer toegang gekry tot die kantoorkompleks wat onder andere Saru House huisves. Hy sê by die eerste maatskappy is vyf getekende Springbok-truie, whisky en agt skootrekenaars gesteel. By ‘n ander maatskappy is 60 skootrekenaars gesteel.
Leave a Reply