Totsiens Top Gear
Die BBC het bekendgemaak die gewilde motorprogram, Top Gear, sal nie in die afsienbare toekoms terugkeer nie. Produksie is onderbreek nadat die aanbieder, Andrew Flintoff, in Desember verlede jaar ernstig beseer is in ‘n ongeluk tydens verfilming. Die voormalige Engelse krieketkaptein was daarna vir nege maande uit die openbare oog en het met sy terugkeer steeds duidelik waarneembare gesigbeserings gehad. Die uitsaaier sê hy besef aanhangers sal teleurgesteld wees, maar hulle is oortuig van hulle besluit. Daar is vroeër berig die BBC het ‘n finansiële skikking van 207 miljoen Namibiese dollar met Flintoff bereik.
Leave a Reply