Putin sê Kiëf-wet keer vredesamesprekings en hy’s gereed
Die Russiese president Vladimir Putin sê hy is gereed vir samesprekings om wat hy beskryf as die tragedie van oorlog in Oekraïne, te beëindig. Hy blameer egter ʼn wet van Kiëf wat samesprekings keer. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het in Oktober verlede jaar ʼn verordening onderteken wat amptelik verklaar enige samesprekings met Putin persoonlik is buite die kwessie, maar het die deur oopgelaat vir gesprekke met Rusland. Putin het aan die virtuele G20-vergadering wat deur die Indiese eerste minister Narendra Modi saamgeroep is, gesê Rusland het nog nooit geweier om vredesgesprekke met Oekraïne te voer nie.
Leave a Reply