Willie le Roux maak Bulle-debuut
Rugby: Die Springbok-heelagter, Willie le Roux, maak môre op Loftus sy debuut vir die Bulle. Ander lede van die Wêreldbeker-wenspan is ingesluit. Marco van Staden dra die nommer 6-trui en die veelsydige agterspeler, Canan Moodie, is op die bank vir die Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Ierse span, Connacht. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het Jaco van der Walt op losskakel gekies en Zak Burger op skrumskakel. Ander spelers op die bank sluit in Embrose Papier en Chris Smith
Leave a Reply