Biden word gekritiseer vir krediet oor skietstilstand
Die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake sê hy het die lewering van humanitêre hulp in Gaza verskerp, maar ʼn totale skietstilstand is nodig. Israel en Hamas het die tydelike skietstilstand met nog twee dae verleng. Die VN-organisasie kon kos, water, mediese voorraad, tente en ander voorrade na Gaza neem, maar sê dis ʼn druppel in die emmer van 1,7 miljoen ontwortelde mense se behoeftes. Hy voeg by die humanitêre katastrofe in Gaza raak elke dag erger. Intussen loop Amerikaanse president Joe Biden deur onder kritiek uit verskeie oorde oor sy regering wat krediet vir die stilstand neem terwyl Katar dit bemiddel het en ook omdat hy die Kongres vra vir 14 miljard Amerikaanse dollar in bystand vir Israel. Biden het so met die media gepraat.
Leave a Reply