Brent daal, wat van brandstofprys
Suid-Afrikaanse motoriste kan uitsien na aansienlike brandstofprysverlagings in Desember. Verwagtinge is dat die prys van petrol met meer as 1 Suid-Afrikaanse rand per liter kan sak, terwyl die prys van diesel met meer as 2 rand per liter kan verlaag. Die Namibiese energie-ministerie sal binnekort ‘n aankondiging doen oor plaaslike brandstofpryse, wat op die 6de Desember, die eerste Woensdag in die maand, in werking sal tree. Brent het ongeveer 11 persent in die afgelope maand verloor. Kosmos 94.1 Nuus het met Angelique Bock, ‘n plaaslike ekonoom gesels oor haar voorspelling vir brandstofpryse voor die feesseisoen.
Leave a Reply