Uraan land se grootste uitvoer in Oktober.
Uraan was Namibië se grootste uitvoerkommoditeit in Oktober en het 19 persent van die totale uitvoere uitgemaak. Dit was uitsluitlik vir China bestem. Vis was tweede met 16,1 persent van die totale uitvoere, waarvan 0,1 persent heruitvoere was, hoofsaaklik na Spanje, Zambië en Suid-Afrika. Nie-monetêre goud het die derde posisie op die lys ingeneem, wat 14,7 persent bygedra het en was hoofsaaklik vir Suid-Afrika bestem. Petroleumolies, hoofsaaklik na Botswana, was vierde met 8,4 persent van die totale uitvoer. Diamante was in vyfde posisie met 7,9 persent van die land se uitvoerrekening. Diamante het hoofsaaklik na België en die VAE gegaan, en 6,3 persent daarvan was heruitvoere.
Leave a Reply