Nampol-bevorderings maak mag meer doeltreffend
Die Namibiese polisie het onlangs ‘n rits bevorderings in die mag aangekondig met meer as 400 beamptes wat in Khomas bevorder is, 200 in Kunene en 300 in Zambezi. Daar word berig dat die bevorderings ‘n wesenlike impak maak en oorkom jarelange hindernisse in die stelsel. Die mag het talle vakante poste van senior beamptes gehad wat die werksaamhede belemmer het. Daar word ook gesoek na net minder as 1 200 kadetkonstabels. Terwyl nie alle senior poste gevul is nie, veral as gevolg van begrotingsuitdagings, word daar verwag dat die mag in die verskeie streke beter sal presteer.
Leave a Reply