Gemeenskap help beweerde wildprodukte-smokkelaars aankeer
Die gemeenskap van die dorp Shighuru in die Kavango Oos-streek was instrumenteel in die aankeer van vyf verdagtes wat na bewering beheerde wildprodukte besit en probeer verkoop het. Volgens die waarnemende streekbevelvoerder van Kavango-Oos, adjunkkommissaris Eino Nambahu, het die arrestasies op twee afsonderlike plekke plaasgevind. Eerstens is drie plaaslike mans gearresteer nadat die gemeenskap die polisie laat weet het dat hulle twee olifanttande en ‘n ietermagô-vel by hulle het. In die tweede voorval is twee mans in besit van nog ‘n ietermagô-vel betrap. Die vyf verdagtes het vandag in die hof op Rundu verskyn.
Leave a Reply