Rekord-oorstromings in Australië voorspel
Australiese owerhede het duisende mense in die noorde van Queensland-staat aangemoedig om na hoër grond te beweeg weens die gevaar van oorstromings weens stortreën. Die owerhede in Queensland sê erge oorstromings is aan die gang in sommige voorstede van Cairns, ‘n toeristesentrum van ongeveer 170 000 mense wat as ‘n poort na die Great Barrier Reef beskryf word. Die reën en vloede kom in die nadraai van tropiese sikloon Jasper, wat die streek hierdie week getref het. Australië se weervoorspeller sê watervlakke kan ‘n rekord vloedpiek van 4,1 meter oorskry.
Leave a Reply