Biden praat nonsens, sê Putin
Russiese president Vladimir Putin sê die Amerikaanse president Joe Biden se bewering dat Rusland ’n Navo-land sal aanval as hy die oorlog teen Oekraïne wen, is volslae onsin. Biden het vroeër vandeesmaand gewaarsku dat as Poetin ‘n oorwinning oor die Oekraïne sou behaal, Rusland ‘n Navo-land sou aanval. Biden het geen duidelike bewyse vir sy opmerkings gelewer nie. Putin sê in ‘n onderhoud met Rossiya staatstelevisie Rusland het geen rede, geen belangstelling en geen geopolitieke belang, nie ekonomies, polities of militêr, om met Navo-lande te veg nie.
Leave a Reply