Nampol is ook genooi om by betoging teen werkloosheid aan te sluit
Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters het Nampol verlede week kennis gegee van ‘n beoogde betoging teen werkloosheid op 21 Maart volgende jaar. Die polisie het dus “genoeg tyd om seker te maak hulle het genoeg mannekrag en hulpbronne, sodat die party in staat is om hul fundamentele vryhede uit te oefen om vreedsaam en sonder wapens te vergader”. Die aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma en parlementslid Inna Hengari is vanjaar op 21 Maart by ‘n betoging teen werkloosheid in hegtenis geneem, nadat toestemming vir die betoging geweier is weens ” ‘n tekort aan mannekrag”. Gregory Cloete van die Vryheidsvegters het ‘n uitnodiging aan Swapo gerig om by die sogenaamde Nasionale Betoging teen Hoë Werkloosheid aan te sluit.
Leave a Reply