Plant-stropers slaan Namibië hard
Volgens die Africa Organised Crime Index 2023 was Namibië se gemiddelde kriminele marktelling 4,1, ‘n toename van 0,2 sedert 2021. Vyftien onwettige aktiwiteite is gerangskik met ‘kriminele marktellings’. Hiervan het flora-misdade in die land die hoogste telling behaal met 6,5 terwyl fauna-misdade, soos renosterstropery, 4,5 behaal het. Flora-misdade sluit in die onwettige oes en stropery van die land se unieke woestynplante. Leevi Nanyeni, die tuinkurator by die Botaniese Tuin van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitwerking van die oor-oes van endemiese plante.
Nanyeni het ook sekere plante uitgelig wat uitsterwing in die gesig staar.
Leave a Reply