Vermoorde onderwyseres was 14 weke swanger
Ontstellende besonderhede het in die landdroshof in Alexandra, Johannesburg aan die lig gekom dat die 34-jarige onderwyser, Kirsten Kluyts, 14 weke swanger was toe sy vermoor is. Die beskuldigde, die 21-jarige student Bafana Mahungela, staan tereg op aanklagte van verkragting en moord met voorbedagte rade. Die Engelse onderwyser by Hoërskool Delta Park is in Oktober tydens ‘n plaaslike sportgeleentheid vermoor. Op kringbeeldmateriaal verlaat die beskuldigde die misdaadtoneel. Mahungela het in die hof volgehou hy is onskuldig.
Leave a Reply