Israel is reg vir ‘n pouse in oorlog – Herzog
Onderhandelings het ʼn stemmery van die Verenigde Nasies oor konsepregulasies vir ʼn skietstilstand in Gaza op die nippertjie vertraag en sal nou eers vandag gehou word. Dit terwyl die leier van Hamas na verwagting vandag na Egipte reis vir samesprekings. Egipte en Katar het verlede maand gehelp om ʼn week lange wapenstilstand te bewerkstellig waartydens sowat 100 Israelse gyselaars van Hamas in ruil vir meer as 200 Palestyne in Israelse tronke vrygelaat is. Israelse leiers het sedertdien ʼn nuwe skietstilstand verwerp, maar president Isaac Herzog sê die land is gereed om gevegte tydelik te staak.
Leave a Reply