City Power ondersoek moontlike interne misdaadsindikaat
City Power het met ‘n interne ondersoek in Johannesburg begin om moontlike interne skakels vas te trek wat blykbaar ‘n georganiseerde misdaadsindikaat vorm wat sy infrastruktuur teiken. Dit kom nadat ‘n werknemer en ‘n voormalige subkontrakteur in hegtenis geneem is toe hulle koperkabels in Randburg wou steel. Die 30-jarige elektrisiën is op heterdaad betrap en het beken hy het met die voormalige subkontrakteur saamgewerk. Die woordvoerder van City Power, Isaac Mangena, sê danksy ‘n wenk uit die gemeenskap is die verdagtes helder oordag aangekeer.
Leave a Reply