Amper geen misdaad in Omaheke-streek
Die Omaheke-streek is sover hierdie feesseisoen baie stil wat misdaad aanbetref, volgens die polisie. Die waarnemende streeksbevelboerder, Adjunk-Kommissaris Jacxon Kamwangha, sê daar is nog geen ongelukke op die streek se paaie aangemeld sedert die begin van die feesseisoen nie. Ook is niemand nog in hegtenis geneem vir dronkbestuur nie. Kamwangha sê die mees algemene misdaad sover is mense wat hoofsaaklik plaaswerkers bedrieg met kommersiële misdade.
Leave a Reply