DA lê bedrog-klagte teen Nzimande, Khosa en SA Kommunistiese Party
Die DA het aanklagte teen die hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, ingedien by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie. Die DA se nasionale hoër onderwys-woordvoerder vir, Karabo Khakhau, sê die party beskuldig Nzimande, die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se raadsvoorsitter, Ernest Khosa, en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party van bedrog teen die hulpskema. Die aanklagte spruit uit bewerings van omkopery en manipulerende optrede wat in uitgelekte oudio-opnames aan die lig gebring is. Khakhau sê die DA eis ‘n deeglike ondersoek na die saak.
Leave a Reply