Ericsson verleng MTN-kontrak met 10 jaar
Ericsson het sy 10-jaar vennootskap met MTN verleng, wat een van Afrika se grootste telekommunikasieverskaffers is. Daar is reeds 63-miljoen intekenare op die platform, en die hoof van Ericsson Mobile se finansiële dienste, Michael Wallis-Brown, beklemtoon Afrika se belangrikheid as ‘n sleutelmark vir groei. Hy sê die uitgebreide vennootskap, tesame met ‘n oorgang na openbare wolk-ontplooiings, is ‘n deurslaggewende oomblik. Dit bied kliënte basiese finansiële dienste soos onttrekkings, oordragte en die berging van geld, saam met e-handelbetalings, mikro-lenings en versekering.
Leave a Reply