Kommer oor toenemende hitte in Namibië

Home Uncategorized Kommer oor toenemende hitte in Namibië
Kommer oor toenemende hitte in Namibië


Kommer oor toenemende hitte in Namibië

Toenemende hitte wek kommer by kundiges in Namibië. Die klimaatverslag vir 2023 is vrygestel en gemeet oor die jaar, was Namibië 0,3 grade Celsius warmer as gedurende die 1991 tot 2020 siklus maar in November verlede jaar was die gemiddelde temperatuur 1,7 grade warmer, met die sentrale noordelike gebiede wat die warmste gekry het. Erge hitte het ‘n reuse impak op akkerbou sowel as graslande, en dus, op veeproduksie. Gepaard met droë toestande lyk die stand van sake uiters sleg. Normale reënval is net vir Khomas en Otjozondjupa aangeteken en net in November en Desember verlede jaar. Vir die noordelike streke, sowel as Kunene, en die Suide, is dit die tweede jaar wat swak reënval aangeteken is. Ongeveer 70 persent van Namibiërs maak staat op landbou, direk of indirek, vir ‘n inkomste.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.