Renosterstroper ‘profeet’ Jackson Babi uit tronk vrygelaat
Die selfverklaarde profeet en renosterstroper Jackson Babi is uit die tronk vrygelaat nadat hy ‘n boete van byna 230 000 Namibiese dollar betaal het, volgens plaaslike berigte. Hy sal vanaand op sosiale media regstreeks uitsaai, het sy kerk, House of Joy Ministry, aangekondig. Babi is in September 2021 gevonnis tot ‘n effektiewe 10 jaar gevangenisstraf, wat laat verlede jaar hersien en verminder is. Hy het skuld beken op 12 aanklagte wat onder meer insluit onwettige jag, diefstal, omkopery, geldwassery en die besit van renosterhorings.
Leave a Reply