Voldoen aan Gaza-maatreëls, vra Namibië van Israel
Namibië verwelkom die voorlopige maatreëls wat deur die Internasionale Geregshof beveel is en doen ‘n sterk beroep op Israel om te voldoen daaraan, sê adjunk-eerste minister en Netumbo Nandi-Ndaitwah in ‘n verklaring. Die hof het vroeër ‘n interim uitspraak gelewer in die volksmoord-saak wat Suid-Afrika teen Israel gemaak het. Die regering doen ‘n beroep op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die internasionale gemeenskap om te verseker dat die hof se bevele ten volle geïmplementeer word. Die land herhaal die noodsaaklikheid vir ‘n onmiddellike en permanente wapenstilstand in Gaza.
Leave a Reply