Toegang tot inligting – vordering is stadig
Die Wet op Toegang tot Inligting is reeds in 2022 deur die parlement goedgekeur en op 29 November van daardie jaar deur die president Hage Geingob onderteken, maar is nog nie in werking gestel nie. Die konsep van “toegang tot inligting wat deur openbare entiteite gehou word” het egter intussen onteenseglik algemeen geword. Kosmos 94.1 Nuus het met Zoë Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, gepraat wat sê vordering is gemaak met die regulasies en dat ‘n inligtingskommisaris nou aangestel moet word.
Leave a Reply