Man van Kenia vas vir moord op vrou in Boston
Amerikaanse owerhede het die vinnige reaksie van Keniaanse owerhede geloof na ‘n man wat gesoek is omdat hy na bewering sy meisie vermoor en haar lyk in ‘n parkeerterrein by ‘n Boston-lughawe gelos het voordat hy na Kenia gevlieg het, in hegtenis geneem is. Die 40-jarige Kevin Kangethe is by ‘n nagklub aangekeer ná ‘n wenk. Hy sal uitgelewer word. Die oorskot van die 31-jarige Margaret Mbitu is vroeg in November in ‘n motor by die Boston Logan Internasionale Lughawe ontdek.
Leave a Reply