Rugby: Ford sê dis lekker om vir Engeland te speel
Engeland se losskakel, George Ford, sê die span se benadering tot verdediging en aanval het verander en dis nou lekker om deel daarvan te wees. Steve Borthwick se manne het Italië naelskraaps met 27-25 verslaan in hulle eerste Sesnasies-wedstryd in Rome. Engeland is verlede jaar by die Wêreldbeker gekritiseer omdat hy die bal wegskop en nie genoeg ambisie toon met die bal in die hand nie. Ford sê hulle doelwit is nou om agter die bal te kom, die verdediging aan te val en drieë te druk. Engeland se volgende wedstryd is Saterdag teen Wallis op Twickenham.
Leave a Reply