Rugby: Chasing the Sun 2 se première op 24 Maart
Rugby: SuperSport het aangekondig Chasing the Sun 2 – A Story for South Africa – word op 24 Maart vrygestel. Dit is die opvolg van die eerste reeks wat die Springbokke se pad na ’n oorwinning in 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan beskryf het. Die nuwe reeks van vyf episodes beskryf die span se triomftog in Frankryk verlede jaar, waar hulle die Webb Ellis-trofee vir ‘n rekord vierde keer verower het. SuperSport sê die nuwe reeks gee besonderhede oor die bloed, sweet, en opofferings, en die vreugde van die oorwinning ná jare se volharding en deursettingsvermoë.
Leave a Reply