Nie-regeringsorganisasies ‘nie doeltreffend’
Vandag is Wêrelddag vir nie-regeringsorganisasies en die buurland se maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, sê ‘n gebrek aan vaardighede, infrastruktuur en institusionele ondersteuning belemmer nie-winsgewende organisasies se doeltreffendheid. Dit is dus noodsaaklik om die vermoë van NRO’s en organisasies sonder winsbejag op te bou om volhoubare en betekenisvolle projekte te verseker. Die aantal geregistreerde organisasies sonder winsbejag in die land was op 15 Februarie, 285 055. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê beperkte befondsing en hulpbronne het die omvang en die skaal van hierdie organisasies se projekte aan bande gelê.
Leave a Reply