Rooilyn en grenslyn al ‘3 jaar’ ‘n landbouprojek
Die sogenaamde rooilyn is die afgelope tyd in die nuus en die Tender Bulletin berig dat die konstruksie van ‘n grenslyn tussen Angola en Namibië, sowel as die opgradering van die veterinêre kordonheining, deel vorm van die landbouministerie se ontwikkelingsprojekte. Die projek, wat reeds in 2019-2020 begin het, het nul Namibiese dollar tot die 2022-boekjaar bestee. In 2023 tot 2024 is 5 miljoen dollar toegeken en dit is nie bekend of daar hersienings in die middeltermyn-begroting was nie. Geen vordering is gemaak nie en nie die minister, nog die woordvoerder van die ministerie, het enige inligting gehad nie. Dit is ‘n uitgebreide projek en konsultante moes reeds aangestel gewees het.
Leave a Reply