VN plaas hoop op ooreenkomste
Die Verenigde Nasies se Omgewingsvergadering het vertroue uitgespreek in sy vermoë om klimaatsverandering te pak deur multilaterale omgewingsooreenkomste. Die ooreenkomste dek ‘n wye omvang van kwessies, wat wissel van die beskerming van die atmosfeer, en volhoubare bestuur van chemikalieë en afval, tot die beëindiging van die verlies aan natuur en biodiversiteit. Die president van die VN se Omgewingsvergadering, Leila Benali, sê hul reaksieplan moet bewys dat multilaterale samewerking en diplomasie positiewe resultate kan lewer.
Leave a Reply