Skenking laat dokters gratis studeer
‘n Skenking van meer as 19-miljard Namibiese dollar aan ‘n mediese skool in New York word beskryf as die grootste van sy soort ooit in die Verenigde State. Dit is gedoen deur ‘n oud-professor in pediatrie aan die Albert Einstein-kollege, Ruth Gottesman, vir gratis onderrig aan studente aan die instelling. Sy is die weduwee van die Wall Street-belegger, David “Sandy” Gottesman, wie se fortuin op 57-miljard dollar bereken is toe hy in 2022 oorlede is. Die 93-jarige Gottesman sê sy is geseënd om die skenking te kan doen aan so ‘n verdienstelike saak.
Leave a Reply