Nigerië staan tussen Banyana Banyana en Olimpiese kwalifikasie
Sokker: Banyana Banyana kom te staan teen Nigerië in die finale kwalifiserende ronde vir die Olimpiese Spele in Parys. Dit volg nadat Suid-Afrika Tanzanië 1-0 geklop het in gisteraand se tweede kwalifiseerder in Mbombela. Dit het Banyana ‘n gemiddelde oorwinning van 4-0 gegee nadat hulle hul teenstanders 3-0 geklop het in verlede week se wedstryd in Dar-es-Salaam. Die kwalifiserende kragmeting teen Nigerië word in April gespeel. Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê sy is tevrede met haar span se spelpeil.
Leave a Reply