Kosmos 94.1 se ruimte-foto van die week.
Hier wys die James Webb-ruimteteleskoop die geboortes van sterre soos dit nog nooit vantevore gesien is nie, vol van gedetailleerde en impressionistiese teksture. Die onderwerp is die “Rho Ophiuchi” wolkkompleks, wat die naaste stervormende streek aan die aarde is. Dit is ‘n betreklik klein en stil sterre-kwekery, met strale wat vanaf jong sterre uitskiet. Die strale beïnvloed omliggende interstellêre gas en verlig molekulêre waterstof, wat in rooi gewys word. Sommige sterre vertoon die skaduwee van ‘n circumstellêre skyf, wat die skepping van toekomstige planetêre stelsels wys.
Foto verskaf: NASA, ESA, CSA, STScI, K. Pontoppidan (STScI), A. Pagan (STScI)
Leave a Reply