Radioteleskoop op Gamsberg sal land op die kaart sit
Die Africa Millimeter Telescope-projek is onder die gesamentlike leiding van twee spanne by die Radboud Universiteit Nijmegen en die Universiteit van Namibië en het ten doel om ‘n 15m enkelskottel-radioteleskoop op die Gamsberg te realiseer. Die hoofdoel daarvan is om ‘n noodsaaklike skakel te verskaf met die netwerk van teleskope regoor die wêreld, bekend as die Event Horizon Telescope, wat onlangs die eerste foto ooit van ‘n swart gat vrygestel het. Dit was die eerste direkte bewyse vir die bestaan van swart gate, wat toon dat Einstein se teorie van algemene relatiwiteit reg was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Michael Backes, hoof van die Namibiese H.E.S.S. groep en medeprofessor in die departement fisika aan die Universiteit van Namibië. Backes gee ‘n kort agtergrond van die teleskoop.
Backes het verder die belangrikheid van die AMT uiteengesit en wat dit vir Namibië sal beteken.
Leave a Reply