Joslin se ma onder die vier verdagtes
Vier verdagtes, wat Joslin Smith se ma, Kelly, insluit, het in die landdroshof in Vredenburg verskyn in verband met die verdwyning van die sewe-jarige wat op 19 Februarie in Saldanhabaai vermis geraak het. Twee mans het na bewering na 36-uur se ondervraging gebieg dat hulle Joslin vir muti verkoop het. Die saak is tot 13 Maart uitgestel vir borgtogaansoeke. Al die beskuldigdes bly in aanhouding. Dit is steeds onbekend waar Joslin is.
Leave a Reply