Chaos in NV oor skaduminister-benaming
Chaos het in die Nasionale Vergadering losgebars nadat vrae ontstaan het of Nico Smit, die skadu-finansminister van die amptelike opposisieparty, die PDM, onbeperkte tyd kan kry om reaksie op die bewilligings-wetsontwerp te lewer. McHenry Venaani, die leier van die PDM, het gesê dat die amptelike opposisie ‘n reg van reaksie het met onbeperkte tyd om ‘n debat oor die begroting te ontketen. Veikko Nekundi, die adjunkminister van werke en vervoer, het gesê daar is volgens die NV-reëls geen sprake van ‘n skaduminister nie.
Leave a Reply