Internasionale aandele kan joune wees
FNB Namibia het ‘n beursverhandelde notas-program bekendgestel om Namibiërs in staat te stel om aan die globale beleggingsekonomie deel te neem deur genoteerde instrumente in internasionale maatskappye soos Amazon, Apple, Hathaway en Microsoft vir so min as 10 Namibiese dollar te bekom. Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs, sê dat so ‘n produk al lank verwag word, veral vir die kleinhandelmark. Hy voeg by dat die FNB-produk internasionale markte vir Namibiërs sal oopmaak.
Leave a Reply