Kremlin sê Biden doen nou wat Trump gedoen het
Die Kremlin het vanoggend gesê dat die Verenigde State probeer om ‘n invloedsveldtog teen die Russiese owerhede te voer, maar dat Moskou se veiligheidsdienste opgetree het om die impak daarvan te verminder. Die Kremlin het kommentaar gelewer op ‘n Reuters-verslag dat Donald Trump as Amerikaanse president die Sentrale Intelligensie-agentskap gemagtig het om ‘n geheime veldtog op Chinese sosiale media van stapel te stuur wat daarop gemik is om die openbare mening in China teen sy regering te draai. Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, sê dat die VSA tans probeer om ‘n soortgelyke veldtog te voer teen Rusland. Die Russe stem van vandag tot Sondag.
Leave a Reply