Die gelukkigste lande is ook die beste plekke vir vroue
Die lande wat die gelukkigste is, is ook geneig om hoër vlakke van geslagsgelykheid te hê.
Die Verenigde Nasies se netwerk vir oplossings vir volhoubare ontwikkeling maak elke jaar die World Happiness Report bekend, ‘n lys wat bepaal watter lande in die wêreld die gelukkigste is. In die jaarlikse lys van die gelukkigste lande ter wêreld was lande soos Ysland, Finland, Swede, Noorweë en Nieu-Seeland bo aan.
Hierdie lande het nie net die eer om as een van die gelukkigste lande op aarde genoem te word nie, maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se Global Gender Gap Report het hulle ook die meeste geslagsgelykheid.
Hierdie lande het ruim verlofbeleide wat die balansering van werk en gesinslewe ‘n bietjie makliker en meer buigsaam maak vir ouers. Noorse ouers – beide mans en vroue – het glo die reg op 49 weke ouerskapsverlof teen volle betaling, of 59 weke teen 80 persent betaling. Albei ouers het 15 weke vir hulself, maar vir die laaste 19 weke kan die paar die tyd tussen hulle verdeel op watter manier hulle ook al wil.
Leave a Reply