Desert Baby Jewels bons terug, klop Tanzanië

Home Uncategorized Desert Baby Jewels bons terug, klop Tanzanië
Desert Baby Jewels bons terug, klop Tanzanië


Desert Baby Jewels bons terug, klop Tanzanië

Netbal Namibië se Onder-20 span, die Baby Desert Jewels, het op skouspelagtige wyse herstel by die Afrika o.21 Wêreldbeker-uitdunne in Pretoria. Hulle het hul openingswedstryd teen Malawi met 23-48 verloor. Hulle het egter teruggebons om hul wedstryd teen Tanzanië gemaklik met 38 punte te wen. Die eindtelling was 55-17. In die kontinentale toernooi met sewe spanne, is daar net drie gesogte plekke om te vul vir die 2025 Wêreldbeker-eindstryd wat volgende jaar in Gibraltar plaasvind. Die Baby Desert Jewels speel vanaand om 6-uur teen Zimbabwe, en het twee wedstryde Donderdag. Om 10-uur die oggend durf hulle Suid-Afrika aan, en om 4-uur die middag takel hulle Kenia. Hulle laaste groepwedstryd is Vrydag om 12-uur die middag teen Zambië.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.