Warriors se Afcon-geld word regsgeding

Home Uncategorized Warriors se Afcon-geld word regsgeding
Warriors se Afcon-geld word regsgeding

Warriors se Afcon-geld word regsgeding

Die Windhoekse regsfirma, Khadila Amoomo Legal Practitioners, het ‘n dringende aanmaningsbrief aan die president van die Namibiese Sokkervereniging, Robert Shimooshili, gerig waarin uitgewys word dat die spelers en tegniese span nog nie hulle regmatige aandeel van die 15 miljoen Namibiese dollar wat deur die Konfederasie van Afrika-sokker, Caf, aan hulle toegeken is, gekry het nie. Die geld is aan die Warriors betaal deur Caf as beloning nadat hulle die rondte van 16 by die Afrika-beker toernooi bereik het. Die brief is ook gestuur na die Brave Warriors se afrigter, Collin Benjamin, Caf en die wêreldbeheerliggaam, Fifa. Die spelers en die sokkervereniging het op 10 Januarie vanjaar ‘n ooreenkoms geteken dat “in gevalle van borgskap of belonings van enige aard aan die span tydens die toernooi, die voordele gelykop tussen die spelers en tegniese personeel verdeel sal word.” Die sokkervereniging het egter vroeër gesê hulle wil 7 miljoen of 8 miljoen dollar terughou vir infrastruktuur behoeftes. Die brief wys uit dat die vereniging wel fondse van beide Caf en Fifa hiervoor kry. Die brief vra ‘n antwoord voor die 27ste Maart sodat die prokureurs hulle kliënte verder kan adviseer. 

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.