Vervoersindikaat: Stuttafords, Pickfords betaal R40m boete
Die meubelvervoermaatskappye in die buurland, Stuttafords Van Lines en Pickfords Removals South Africa het erken dat hulle betrokke was by ‘n meubelvervoerkartel en het ingestem om ‘n gesamentlike boete van 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand te betaal. Die skikking, wat deur die Mededingingstribunaal bevestig is, sluit nou alle klagtes, ondersoeke en vervolgings teen die maatskappye af. Die kartel het uitermate hoë tenders ingedien vir meubelvervoerdienste tussen 2007 tot minstens 2012. Stuttafords en Pickfords het onderneem om as deel van die skikking hulleself te weerhou van toekomstige kartelgedrag én ook ‘n program te implementeer vir die nakoming van mededingingswetgewing.
Leave a Reply