Aussies versterk visumreëls
Australië sal strenger visumreëls vir buitelandse studente af dwing, met migrasie wat ‘n rekordhoogte bereik het. Vanaf vandag sal Engelse taalvereistes vir studente- en gegradueerdevisums verhoog word, terwyl die regering onderwysverskaffers wat internasionale studente werf wat herhaaldelik reëls oortree sal kan skors. ’n Nuwe “egte studentetoets” sal ingestel word om internasionale studente wat primêr na Australië wil reis om te werk uit te ken.
Leave a Reply