‘n Woud op kafeïne? Hoe koffie nuwe woude kan help om vinniger te groei
Die afval wat oorbly na die koffie-maakproses kan vernietigde woude weer nuwe lewe gee. ’n Onlangse studie en eksperiment het getoets of koffie-pulp, ’n oorskiet van die koffie-verbouingsproses, kan help om Costa Rica se reënwoude weer nuwe lewe te gee. Navorsers van die Universiteit van Hawaii in Manoa het twee erwe getoets om te sien hoe die koffie-afval ontboste grond sal beïnvloed, een stuk grond wat met gras was bedek met sowat 50 cm van die koffie-pulp en die ander, onaangeraak gelaat. Na twee jaar het die stuk grond met koffie-pulp ‘n hupstoot gekry en ‘n dramatiese verbetering getoon. Tagtig persent van die plot se grond was bedek deur jong bome, sommige bome reeds 450 sentimeter hoog, insluitend tropiese spesies wat so hoog as 80 meter kan groei. In die koffie-aangedrewe plot was bome ook gemiddeld vier keer hoër. Dit gee nie net aan koffieprodusente ‘n volhoubare manier om van hul koffie-afval ontslae te raak nie, maar dit versnel ook die groei van vernietigde woude. “Dit is ‘n ongelooflike wen-wen situasie,” sê Rebecca Cole, ‘n skrywer en ekoloog aan die universiteit. Dit neem tropiese woude honderde jare om terug te groei. Om sulke hoë bome binne net twee jaar te hê, is regtig skouspelagtig.”
Fotos: National Geographic
Leave a Reply