Saara kuier in Parys by teenkorrupsie seminaar
Eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila woon die Teenkorrupsie- en Integriteitsforum môre en Woensdag in Parys, Frankryk by. Die geleentheid is deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling gereël en sal leiers van regoor die wêreld byeen bring om nuwe denke en insigte te deel en om ondersoek in te stel oor hoe teenkorrupsiebeleide en integriteitsraamwerke kan verbeter. Die premier se kantoor het nie melding gemaak van die grootte van haar afvaardiging nie. Sy sal op 29 Maart weer terug wees in die land.
Leave a Reply